tom@toesprake.co.za

redenaars en toesprake

Professionele Redenaarskrywer vir Afrikaans & Engels Toesprake
WAT OM TE VERWAGMAAK KONTAK

Redenaars en Toesprake

Professionele Redenaars en Toesprake in Afrikaans en Engels vir Skole en Kompetisies

redenaars en toesprake

Ek is ‘n kundige in die skryf van Afrikaanse en Engelse skryfwerk. Ek spesialiseer in alle tipes redenaars- en debatskompetisies, geleentheidstoesprake, praatjies, heildronke, voorleggings, opstelle,werkstukke en vele meer. Ek lewer my dienste in beide Afrikaans en Engels.

As ouer en taalonderwyser, skrywer en afrigter het ek meer as veertig jaar se praktiese ervaring. As skrywer is van my werke deur gevestigde uitgewers, soos Tafelberg- en Daan Retief-Uitgewers gepubliseer.

Ek beskik oor ATKV sertifikate as beoordelaar in redenaars- sowel as debatskompetisies.

Jou tevredenheid word gewaarborg. Ek huiwer nie om gratis wysigings aan te bring aan redenaars, toesprake en ‘speeches’ nie. Verskeie landswye wenners se redenaars het deur my pen gevloei.

Ek meet my sukses aan die getal redenaars-toesprake wat deel word van finale.
Ek is nie ‘n gesiglose redenaarskrywer nie en verkies interaksie met my kliënte. Ek is op die sosiale media beskikbaar.

Ek waarborg die volgende aan redenaars

  1. Dat die toespraak oorspronklik en uniek sal wees.
  2. Dat my skryfwerk my trots is en dat ek my uiterste beste sal lewer.
  3. Dat dit aan al die voorgeskrewe vereistes sal voldoen.
  4. Dat dit humor, ń duidelike struktuur en gesaghebbende bronne sal bevat. Daar sal ń treffende inleiding wees met ń toepaslike slot.
  5. Dat dit op die kind se ontwikkelingsvlak sal wees.
    Professionele Redenaars en Toespraakskryf in Afrikaans en Engels vir Skole en Kompetisies
    Professionele Redenaars en Toespraakskryf in Afrikaans en Engels vir Skole en Kompetisies

    Wat ek nie kan waarborg nie:

    • Dat die tydsduur elke spreker soos ń handskoen sal pas nie. Alhoewel ek probeer om dit só te skryf dat dit aan die voorgeskrewe tydsduur voldoen, kan ek dit nie waarborg nie omdat alle sprekers nie dieselfde tempo praat of tussenposes gebruik nie.
    • Dat ek dit sal herskryf terwyl u die opdrag nie reg of duidelik deurgegee het nie.
      Termes en Voorwaardes.
    • Toesprake kan slegs gelewer word indien daar genoegsame tyd daarvoor gegee word.
    • Die toespraak mag nie her-verkoop word aan enige ander persoon nie. Toesprake is slegs vir eie gebruik.

    Redenaars en Toesprake

    Professionele Redenaars en Toesprake in Afrikaans en Engels vir Skole en Kompetisies